top of page
  • Writer's pictureMorné Lötter

Word Groot!


Wanneer die son van geregtigheid skyn, stap die siekes uit hul kamers en stap na buitekant toe om die vars lug in bietjie in te asem.  Wanneer die son lente en somer bring, verlaat die beeste hul stalle en soek weiding op die hoër berge.  Selfs so, wanneer ons gemeenskap met ons Here het, verlaat ons die stal van moedeloosheid, en stap na die buitekant in die velde van heilige vertroue.  Ons klim op na die berge van vreugde, en voed ons met die soet weiveld wat nader aan die Hemel groei as die voer van mense.

Om “uit te gaan” en om “groot te word” is 'n dubbele belofte.  Kan ons nie maar bid my siel, wees gretig om albei seëninge te geniet!  Waarom moet jy 'n gevangene wees?  Staan op en loop uit in vryheid.  Jesus sê dat Sy skape in en uit sal gaan en weiding sal vind;  gaan dan heen en voed in die ryke weivelde van onbeperkte liefde.

Waarom sal jy ’n baba in genade bly?  Word groot.  Jong kalwers groei vinnig, veral as hulle in n stal gevoer word;  en jy het die versorging  van jou Verlosser.  Groei dan in genade en in die kennis van ons Here en Verlosser.  Wees nie benoud of bekommerd nie.  Die Son van Geregtigheid het oor jou opgekom.  Antwoord God vandag. Moet nie dat Hy aanhoudend roep nie. Maak jou hart oop vandag en groei in alles in Hom

4 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page