top of page
  • Writer's pictureMorné Lötter

Sout van die Aarde

Updated: Aug 12, 2022

Diens gelewer op 24 Julie 2022 by die Volle EVANGELIE kerk van God, Rustenburg gemeente. Opsomming van direkte kopie.



Ons gesels oor Dissipelskap die afgelope 3weke.

Sommiges is nie die sout nie maar die peper.


Kom ons lees die Woord:

MATTHÉÜS‬ ‭5:13-16‬ ‭AFR53‬‬

“JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het (doel verloor het), waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”


Ń goeie resep van enigiets kan werk. As die resep net gevolg word. So ook die dissipels wat gesout is. Sout op biltong gee ook nie Slegs smaak nie maar preserveer ook die biltong. Die sop wat ek gemaak het vir na die diens kan hoe mooi lyk maar as julle hier wegstap sal julle sekerlik se mmm die sop was nice maar het sout gekort.

As dissipels van Christus moet ons die sout mixture reg kry en wys gebruik.


Die dooie see is dood agv al die sout. So as jy te veel sout is kan alles om jou dood gaan. Jy wil net genoeg sout gee om Lewe te bring. Ń goeie balans.

Selfs te veel sout oor jou biltong sal nie eens die Honde wil eet nie. Hul sal probeer maar dit nie geniet nie. Maw sout kan of ń Blessing of ń curse wees. te veel sout in jou liggaam kan dodelik wees. Bloed, sweet en trane het sout in. Die saline solution vir jou contacts is dieselfde sout gehalte as trane om jou lense mooi skoon te maak. Saline water om die sinus oop te maak. Waar dit baie sneeu gooi hul sout op die paaie sodat voertuie instaat kan wees om te beweeg.

Lot se vrou het n soutpilaar omdat st terug gekyk het.


Die woord sê ons is die sout van die aarde. Maw die aarde het ons nodig.

In van Jesus se eerste preke spreek Hy sout en lig aan maar Hy bemoedig ook Sy dissipels se geloof in die vermeerdering episode aan...

Die Bybel sê her, dit is nie die te veel sout wat nutteloos is Nie, maar sê as dit met te veel grond gemeng word is dit nutteloos.


1. Dissipels se sout is Nie oud

Ou sout verloor baie keer hul doeltreffendheid. Die sout wat sy doel verloor het het sy waarde verloor en anders om. Baie mense sit hier vandag wat voel hul het hul doel verloor. Voel wat hul doen hier dra geen waarde nie. Waarde word bepaal deur ń persoon se siening oor hulself. Jy vat waarde weg en nie God nie. Jou waarde...

Sout was baie waardevol in Jesus se dae. Romeinse soldate was soms betaal met sout en dit is waarskynlik waarvan die gesegde kom: "Hy is sy sout werd".

As jy nie 'n verskil in die pot of baksel van die lewe maak nie het jy jou soutwaarde verloor. Jy beteken dan niks vir die werksplek nie.... Jou betekenis vir die werksplek word nie net geken aan jou graad of kennis wat jy soontoe neem nie, maar die belangrikste aspek wat jy kan neem is die sout..

Jy gaan eendag onthou word vir die sout wat jy gebring het en nie die kennis nie.

Jy is maklik vervangbaar by die werksplek al het jy hul miljoene gespaar of ingebring maar as jy omkap vervang hul jou in 2 weke. Maar as jy sout vir die werksplek is sal hul ñ moeilike tyd hê om jou te vervang.


2. Dissipels se sout is lewendgewend

Jou sout waarde skenk hoop vir mense om jou. Dit gee smaak en bring glimlagte weer terug op mense se gesigte.

Daai pot sop van Jakob het beslis ń glimlag op Esau se gesig gebring soos daai lekker kos wat jou vrou na diens vir jou gaan gee ook op jou gesig gaan bring.

Ons verskil in baie opsigte maar in hierdie een aspek is ons Almal dieselfde, eet bly lekker.


Sout gee smaak aan iets wat kort…. Het jy ooit al ń lekker mooi pot kos gemaak. Lyk te pragtig en al wat kort was sout? Jy kan nie dit ten volle geniet as daar nie genoeg sout in is nie. Sout bring die kos se waarde en smaak uit.


As jy mos sout is moet jy preserveer. En wat beteken dit andeste as om iets te laat HOU.

H - help (mekaar)

O - ondersteun (mekaar)

U - uitvoer (die missie)

Die doktrines van die dissipels / apostels het hoop en lewe gebring na die gemeenskappe in Jerusalem, ... tot aan die uithoeke van die wêreld. Hul sout moes waarde gegee het aan die prediking. Hul prediking moes by hul lewenstyl gepas het.

In die verlede het die doktrines van gemeentes meer oor die uiterlike gewaad gegaan as oor die innerlike kroon. 1 Petrus 3: 3-4 spreek ook innerlike skoonheid aan.


Indien die dissiple van Jesus se sout vals doktrines in die mix bring, begin jy souteloos word.

Markus 7:7-9 - 'Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. '

II KONINGS 2:20-22 - 'En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring. Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die Here : Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie. En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het. '


3. Dissipels se sout is ewigdurend

Sout was ook gebruik as preserveermiddel om vleise te preserveer en die verrottings proses uit te stel of te stop.

Dissipels is soos sout want hul gee geur aan n smaaklose wereld.

Wanneer hou ons sout waarde op? Moet nooit ophou nie. Soos ons lig nooit ophou skyn mag ons sout nooit op word nie. Die son Kan nie ophou skyn nie en so kan die kind van God ook nie ophou skyn nie.

Jesus sê selfs niemand steek ń lamp op en plaas dit onder ń maatbeker nie maar jy plaas dit op ń staander …

Jesus noem ook dat sout sy waarde of invloed kan verloor.. sommige Christene het hul vermoë om smaak te gee verloor...

slot

As Ek en jy as dissipels van Jesus maar net Sal sout wees. As ons maar net kan smaak gee vir die wêrerld. Die wêreld het nou so onsmaaklik geword soos nog nooit van te vore nie. Die wêreld het ń ondraagbare en Siek plek geword. Ń plek met baie infeksie. Sout Sal help!!!

Jy kan help!! Wat doen jy om te help?

KOLOSSENSE 4:6 - 'Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord. '

Is jy 'n invloed of word jy net beinvloed?

175 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page