Morné Lötter
Lig en duisternis
Lig skyn in donkerte
Lig verdring duisternis. Duisternis kan die lig nie oorweldig nie.
Ons is soos die maan useless sonder die Son. Ons kan nie skyn sonder die Son nie. Ons het die Son nodig.
Op die horizon Sien ons die sonsopkoms en ook hoe die Son deur die donkerte breek. Die Son breek duisternis. Nie ver Suid is daar donkerte wat deur die opkomende Son verlig word.
Jesus sê- “Ek is die Lig van die wêreld” (Johannes 8:12) is die tweede van sewe “EK IS” verklarings van Jesus, net opgeteken in Johannes se evangelie, wat wys op Sy unieke goddelike identiteit en doel. Deur Homself as die Lig van die wêreld te verklaar, het Jesus beweer dat Hy die eksklusiewe bron van geestelike lig is. Geen ander bron van geestelike waarheid is vir die mensdom beskikbaar nie.
Ons neem 'n kers in 'n kamer om die duisternis te verdryf. Net so moet die Lig van Jesus Christus geneem word in die duisternis van sonde wat die harte en lewens verswelg van diegene wat Hom nie volg nie. Dit is die voorwaarde agter om hierdie Lig te hê—dat ons Hom volg. As ons Hom nie volg nie, sal ons nie hierdie lig, hierdie waarheid, hierdie ewige lewe hê nie.
Fisiese lig is nodig vir fisiese lewe. Die aarde sou beslis baie vinnig verander as daar nie meer sonlig was nie. ’n Woud vol bome met baie dik blare hoog bo het baie min plantlewe op die grond behalwe mos of korsmos, wat min sonlig nodig het. Die rede waarom die blare so dig aan die top end van die bome is want hul soek lig.
Plante sal nooit weg beweeg van die lig nie—daar word gesê dat hulle positief fototropies is, na die lig aangetrek.
Net so is geestelike lig nodig vir geestelike lewe, en dit kan 'n goeie toets van ons stand in Christus wees. Die gelowige sal altyd neig na geestelike dinge; hy sal altyd neig na gemeenskap, gebed, die Woord van God, ensovoorts. Die ongelowige doen altyd die teenoorgestelde (Joh. 1:5 “En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” ; 3:19–20 “En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.”
Jesus verwag van ons om Sy heerlike lig te reflekteer in hierdie wereld 🌍 💡